Afrikaans

#JouMenseMyMense

76 EPISODES | GROOTFM 90.5 |  Podcast, ±8 min episode every 1 week, 3 days
Die omvang van die nood laat mens soms oorweldig, verlam en selfs effens lomp voel. Net omdat ons nie alles vir almal kan wees en doen nie, beteken nie ons moet ons gewone menslike omgee verloor wat fokus op dit wat ons wel vir mekaar kan doen nie.

GROOTfm 90.5 en SPAR sê “Jou mense is my mense”!

Kuier elke Dinsdagoggend om 10:10 saam en hoor of Lindie Strydom ‘n ouma met ‘n cupcake verras, ‘n dogtertjie in die hospitaal besoek of vir die karwagte ‘n sakkie kruideniersware neem.

GROOTfm 90.5 se #JouMenseMyMense en sáám is ons beter, word met trots geborg deur SPAR.

#VanaandMetPieterCloete

116 EPISODES | GROOTFM 90.5 |  Podcast, ±32 min episode every 6 days
Pieter se radioloopbaan het in 2010 by ’n klein gemeenskapsradiostasie begin. Hy het sy vlerke gesprei en in April 2016 die Knysnabos verruil vir Pretoria se stadsliggies. Met sy professionele, tog gemaklike stemtoon en persoonlikheid nooi Pieter jou elke weeksaand om saam met hom nuwe vrystellings, boekresensies en plaaslike musiek 5-in-n-ry te geniet. Luisteraars kry ook een keer ‘n week die geleentheid om hulle musiekkeuse en die stories daaragter te kom deel.

3 Minute, 3 Sake - Sakeliga

48 EPISODES | MAROELA MEDIA |  Podcast, ±3 min episode every 1 week
In 3 Minute, 3 Sake gesels ons kortliks oor die week se sakenuus.

Sakeliga bestaan om ’n konstitusionele orde, vrye markte, voorspoed en ’n gunstige sake-omgewing in die belang van sy lede te beding en te skep, asook in die gemeenskaplike belang waar ook al sy lede sake doen.

7 DAE VAN GEBED VIR HERLEWING

7 EPISODES | TYGERBERG 104FM |  Podcast, ±1 min episode every 20 hours
Tygerberg 104fm, in samewerking met Jerigo Mure, SA Pray en ander gebedsnetwerke, roep alle gelowiges op om vir 7 dae – van Maandag 29 Mei tot Sondag 4 Junie – saam met ons te bid dat die karakter van Jesus sigbaar sal word in alle sfere van die samelewing in Suid-Afrika.

Afrikaans Aktueel

80 EPISODES | AFRIKAANS.COM |  Podcast, ±28 min episode every 1 week, 2 days
Elke week word Afrikaans.com se eie radioprogram: Afrikaans Aktueel, op gemeenskapsradiostasies landwyd uitgesaai. Pieter Cloete http://pietercloete.com/, bekende Groot FM radio-omroeper en Afrikaans.com-medewerker vervaardig ‘n halfuur lange-program wat belangrike nuus en sake uitlig wat die Afrikaanse leefwêreld inkleur. Hier kan jy luister na onderwerpe soos moedertaalonderrig, #waarsitlekka by feeste, kunstenaarsfokusse, taalnuus en opwindende projekte en kompetisies waarmee Afrikaans.com besig is. Klik op die blokkies hieronder vir heerlike luistergenot. Jy kan die programme aflaai of aanstuur.

Afrikaans.com

9 EPISODES | AFRIKAANS.COM |  Podcast, ±3 min episode every 4 weeks, 3 days
Verskeie organisasies en individue met ’n liefde en passie vir Afrikaans het saamgekom om Afrikaans in haar verskillende vorme te vier en te verken. Ons nooi jou saam op hierdie ontdekkingstog die wye Afrikaanse landskap in. Ons vra mede-avontuurlustiges om jul unieke Afrikaanse leefwêrelde met ons te deel en ons te verras met jul uitkyk op en ervaring van Afrikaans. Afrikaans se horisonne is wyd en haar karakter is so eiesoortig soos elke mens wie se wortels in hierdie kontinent geanker is.

Laat weet ons hoe lyk jou Afrikaans!

197 channels

« Back 1—12 More »